fbpx

Hermanus in the heart of the Cape Whale Coast of South AfricaContact Us

“Oom Otto” die storie van Sopiesklip in Hermanus

  • Thursday, 30 November 2017
  • Author: Jaydee Media
  • History
  • Page Views: 23558

Otto sopiesklip 1Jacobus Claude (Kowie) Otto wat destyds in die grot by Sopiesklip “gekampeer” het, was allermins ‘n kluisenaar of boemelaar soos wat dit uit verskillende oorde al beweer is. Volgens sy dogter, mev. Lena Prins van Bellville, het haar pa ‘n kamer uit die groot rots gekap. Hy het ‘n bed gemaak deur twee gate in die muur in te kap, twee pale daarin te sit, ogiesdraad daaroor te span en ‘n klapperhaarmatras daaroor te sit. In die een muur was houtrakke vir kos voorraad en ‘n primus stoof. Die vloer het hy bedek met planke en ‘n houtdeur is ingesit met twee verskillende sleutels en ‘n slot en ‘n grendel. Ses trappe is na die deur toe uitgekap.

As familie het hulle in Hermanus in die hoofstraat gebly. Lena, haar pa en ‘n bruinman, Piet Gideon, het gereeld daar gaan kampeer.  Kowie het ‘n passie gehad vir visvang. Buite aan die linkerkant van die deur van die grot, was ‘n holte in die rots waar Lena geslaap het op ‘n matras wat gemaak was van ‘n hessiënsak gevul met strooi. Twee rotse wat teen mekaar geleun het was waar Piet geslaap het.  Voor die grot was ‘n groot plat klip waarop hulle vuur gemaak het. Hulle het hawermoutpap, koffie met bruinsuiker en kondensmelk geëet asook galjoen gebraai wat hulle saam met growwe brood en botter geniet het.

Lena onthou dat daar net agter die duine ‘n vaal bossie gegroei het waarvan hulle tee gemaak het. Hulle het vars water gekry deur ‘n 3-voet diep gat te grawe waaruit daar water uitgesypel het. Hulle het die gat met ‘n plat klip bedek om die water skoon te hou en om te verhoed dat daar skilpaaie inval.

Otto sopiesklip 2

Piet het vir baie jare by hulle gewerk en het later saam met die familie Parow toe getrek. Hy was ongetroud en Lena het hom later in ‘n ouetehuis, Serepta in Faure laat opneem waar hy toe ook later oorlede is.Piet het vir baie jare by hulle gewerk en het later saam met die familie Parow toe getrek. Hy was ongetroud en Lena het hom later in ‘n ouetehuis, Serepta in Faure laat opneem waar hy toe ook later oorlede is.

Otto3Die familie het ‘n baie groot erf in die hoofstraat, waarskynlik waar Silver Oaks vandag is,  besit waar Kowie met groente geboer het. Hy het ook vis verkoop. Hy het ‘n baie groot hart gehad en gereeld vir die minderbevoorregtes groete en vis gevat.

Buiten visvang was sy ander passie rolskaats. By die rolskaatsbaan in Parow was hy bekend as “Oom Otto” wat die tieners leer skaats het. Hy het tot op ‘n hoë ouderdom gereeld aan kompetisies deelgeneem. Hy is in 1974 in die ouderdom van 81 jaar aan ‘n hartaanval op Bloubergstrand oorlede.

Vorige Artikels oor Sopiesklip

Waar kom die naam Sopiesklip Vandaan?

Ek het al menigte stories gehoor oor Sopiesklip en waar die naam vandaan kom, en later besef… dit moes in verskillende tye gebeur het.  So paar weke gelede het ek hierdie storie gehoor van ‘n man ... lees verder

Early Saturday 6km hike to Sopiesklip, Grotto beach, in Hermanus

On an early Saturday morning, the 7th of February 2015 we joined other hikers on a hike rom Grotto Beach to Sopiesklip (halfway to De Kelders). Long white stretches of sandy beach with the sun playing on the water we embarked on a 12km hike and been nature lovers we decided to walk barefoot… What a sensation! with the sand between your toes.  Read More

Source

Text + Images:  Marinda Wilmans - Old Harbour Museum in Hermanus

Call us and schedule your listing today! Contact Us

whale watching hermanus

WHALE WATCHING

in and around Hermanus

With countless Southern Right Whales gathering along the Whale coast every year to mate and to calve

LEARN MORE

sharkdiving43

Shark Cage Diving

One for the Bucket list

Experience the exceptional and come face to face with a great white shark! Gansbaai also known as Shark Alley…

Learn More

hermanus wine tasting

WINE TASTING

4 x Wine Routes

Hermanus is surrounded by 4 Wine routes, the Hermanus - (Hemel-and-Aarde); Stanford -, Elim - and Botriver Wine Route

LEARN MORE

hiking

Top Activities

in the Cape whale Coast

Hermanus is a spectacular seaside town with winding cliff paths, sloping green mountains, and deep blue waters.

Learn More