Skolastiese voorbereiding is die fondasie tot suksesvolle toetrede na graad een.
Hierdie voorbereiding is geskoei op die kind se gereedheid vir formele leer en is die basis waarop onderrig kan plaasvind.
Skoolgereedheid is die proses waartydens n kind sy akademiese vaardighede soos spel,skryf, en rekenkunde ontwikkel.
Dit is een van die belangrikse vaardighede wat elke kind wat graad een toe gaan moet hê
is om hul eie naam en van te herken en, indien moontlik, ook te kan skryf.
Daar kan, byvoorbeeld, van jou kind verwag word sy plekkie by n tafel te kan uitken met n plakker.
ʼn Paar alledaagste speletjies wat help met groot motoriese ontwikkeling is om jou kind te laat tou sping en om ʼn bal om te kan vang en skop. Leer ook jou kind om hom balanseer deur opʼnstuk tou te loop en moedig hul aan om te huppel.
ʼn Verkeerde potloodgreep is baie moeilik om te af te leer. Laat jou kind oefen met ʼn driehoek -potlood of deur ʼn wasgoedpennetjie tussen sy duimpie en wysvingertjie vas te klem terwyl hy skryf. Maak ook seker dat hy mooi regop sit terwyl hy skryf.
Moet nie laat wees wanneer jy hom moet gaai oplaai na skool nie. Jou kind gaan so opgewonde wees om alles wat gebeur het te vertel, maar ook vreemden benoud tussen al die nuwe gesiggies. Maak kwalitiet tyd om te gesels oor alles wat hulle beleef het.
Maroela Media / Christa Badenhorst -opvoedkundige skielukndige
Call us and schedule your listing today! Contact Us
Copyright © 2025 Hermanus Online Magazine. Web Development by Jaydee media.